012 344 1950

467 Kirkness St, Pretoria, 0001, South Africa

©2017 Ooskerk

Argief

Please reload

Tags

God is liefde

“God is liefde.” Beteken dat ons as beelddraers van God ook liefde is wat geroep word om na ons “Goddelike aard” ook onvoorwaardelik en daadwerklik lief te hê.  God se liefde vra nie of ek van iemand hou of nie, dit stel nie voorwaardes (“As jy ...dan sal ek ... nie!). Die doel hiervan is om lewe in ’n wêreld vol haat, afguns, woede, nyd, wrewel te bring. Wanneer ek haat of meerderwaardig lewe teenoor ander is dit ’n duidelike bewys dat ek nie God se liefde en dus ook wat kindskap beteken verstaan nie.

 

Maximilian Kolbe

 

 

Broer Maximilian Kolbe, a Katolieke priester van Poolse herkoms, was as gevange 16770 na Auschwitz op 14 Augustus 1941 gestuur.  Toe ‘n gevangene ontsnap het die Nazi’s tien gevangenes gekies om deur ‘n proses van verhongering te sterf as ‘n straf op en afskrikmiddel vir ontsnap pogings.

 

Een van die tien wat gekies was om op hierdie manier te sterf was Franciszek Gajowniczek. Toe hy hoor dat hy gekies is het hy begin huil: “My vrou! My kinders! Ek sal hulle nooit weer sien nie.” Dit was op hierdie punt dat Maximilian Kolbe na vore getree het en aangebied het om in Gajowniczek se plek te sterf. Verrassend vir almal was sy versoek toegestaan.

 

Vir drie weke het hy hardop liedere gesing om die ander nege mans, maar ook die gevangenis se positief en in hulle gees te versterk.  Hy het by sy medegevangenes gepleit om hulle vervolgers te vergewe en om kwaad en boosheid wat teenoor hulle gedoen word met goedheid en liefde te oorwin.  Wanneer hy deur die wagte verniel en geslaan is het hy nooit in woede teenoor hulle uitgevaar nie, maar in die plek hiervan gebid vir hulle.

 

’n Protestantse dokter, Rudolph Diem, wat na die pasiënte van blok 12 moes omsien het vertel hoe gereeld hy gesien het dat Broer Kolbe, gewag het dat ander eers versorg word, voordat hy gevra het vir hulp. Hy vertel dat gedurende sy vier jaar in Auschwitz hy nie ’n groter voorbeeld gesien het van liefde vir God en jou naaste nie.

 

Uiteindelik is besluit om hom deur ’n dodelike inspuiting te laat sterf en nie te wag dat hy van honger doodgaan nie. In 1981 word hy deur die Pous tot ’n heilige voorbeeld vir almal verklaar!

 

Gajowniczek skrywe later: “I could only thank him with my eyes. I was stunned and could hardly grasp what was going on. The immensity of it: I, the condemned, am to live and someone else willingly and voluntarily offers his life for me - a stranger. Is this some dream?

 

I was put back into my place without having had time to say anything to Maximilian Kolbe. I was saved. And I owe to him the fact that I could tell you all this.

 

“For a long time, I felt remorse when I thought of Maximilian. By allowing myself to be saved, I had signed his death warrant. But now, on reflection, I understood that a man like him could not have done otherwise. Perhaps he thought that as a priest his place was beside the condemned men to help them keep hope. In fact, he was with them to the last.”

 

 

Franciszek Gajowniczek sterf 13 Maart 1995 op 95 jarige ouderdom 53 jaar nadat hy deur Koble gered is. 

Please reload

Onlangs

Please reload