BEDIENING BY DIE OOSKERK
VIAM DEI
Viam Dei is die spiritualiteitsbediening van die Ooskerk. Dit sluit die Viam Dei kursus & program, Retreats 'n kontemplatiewe aanbiddingsgeleentheid nl. die Laudate diens (Sondae, 17:45) in.
Jy kan aanvanklik inskakel by ons jaarlange program en daarna verder die pad saam met ander gelowiges stap in 'n kleingroep. Viam Dei wil 'n ruimte bied waarbinne jy al meer bewus kan word van God in en om jou lewe, waarin jy geestelik kan groei deur meer en meer God se mens tussen ander te wees en waar jy op 'n diep vlak innerlik getransformeer kan word tot die nuwe mens wat ons reeds in Jesus Christus is.
Kom stap saam die Viam Dei pad!
Besoek ons gerus by www.viamdei.com
DEERNIS
Deernis bestaan om gemeentelede te mobiliseer om aktief betrokke te raak by hul gemeenskap en om gemeentelede individueel, asook as ‘n gemeente te inspireer om liefde en deernis te bewys aan mense in nood in die gemeenskap omdat ons verstaan dat ons dit moet doen omdat God ons eerste lief gehad het.
Teikengroep:
Bejaardes
Weerlose jeug, kleuters en babas
Weerlose vroue
Projekte:
-
Maria Naaldwerk projek gerig op die ondersteuning van huishulpe
-
PEN
-
Sun Sparrows Kleuterskool
-
-
Harmonie-oord vir bejaardes
-
Margaretha Ackerman tehuis vir bejaardes
-
Echo Jeugontwikkeling
Insamelings:
Deernis hanteer deurlopende insamelings van goedere soos klere, tydskrifte en ander artikels wat aan die onderskeie projekte versprei word of verkoop word as deel van fondswerwing.
Noodfonds:
Die gesig van die kerk, is ‘n plek waar mense liefde en omgee beleef. Die Noodfonds is gestig deur Dr Willem Cruywagen.
Die aard van die hulp wat verleen word vanuit die noodfonds is hulp wat ophelp en nie afhanklikheid in stand hou nie.
TOPTYD
Dinsdagoggende 09:00 in die konferensiekamer
Bybelstudie vir afgetredenes en ander
Kontak gerus die kantoor vir meer inligting of om by een van ons bedieninge aan te sluit