top of page

EREDIENSTE BY DIE OOSKERK

Vintage Bookstore

OGGENDDIENS

09:00 in die kerkgebou

By die oggenddiens plaas ons klem op gasvryheid, eietyds-klassieke musiek en prediking.  Die oggendiens gemeenskap is warm en vriendelik. Enige persoon kan hier 'n tuiste vind en ons saam kuier na die diens by die teetuin, is 'n hoogtepunt.

Confetti Storm

FAMILIEBEDIENING

By Ooskerk is dit vir ons belangrik om ruimtes te skep waar families saam kan aanbid en saam oor God kan leer.  Ons weet tog dat niemand van ons alleen op ons geloofsreis is nie, maar dat ons saam met mekaar loop.  As dit by die vorming van ons geloof kom, dan dink ons so:

  • Jongmense is volledig deel van die kerk, en die ruimtes waar ons aanbid moet dit weerspieël

  • Ouers is die beste vormers van kinders se geloof en vennote tydens eredienste

  • Oud en jonk kan leer by mekaar oor die lewe, die lewe saam met God

 

Ons het die volgende ruimtes waarbinne families op Sondae kan kom aanbid:

Kids in Church
Gesinsdiens logo@4x.png

09:00 in die saal

Die Gesinsdiens is ‘n gemaklike erediens in die saal wat ruimte skep vir ouers en jonger kinders. Dit word gekenmerk deur klassieke begeleiding, eenvoudige liturgie en ‘n deelnemende erediens. 

Kids' Paintings
Sonskynland logo@4x.png

begin 09:00 in die saal

Gedurende die diens kan ouers en voorskoolse kinders wegbreek na Sonskynland vir stories en aktiwiteite wat kleutervriendelik is. 

Kids Reading Map
JNR logo@4x.png

na afloop van die Gesinsdiens in die saal

Die Juniorgroepe vir laerskoolkinders en hul ouers gebruik ‘n aktiwiteitsgebaseerde benadering om meer oor God en die lewe te leer.

Aromatic Candles

LAUDATE

17:45 in die kerkgebou

Hier fokus ons spesifiek op die kontemplatiewe en meditatiewe karakter van die Ooskerk. Die diens maak ruimte vir refleksie oor ‘n Bybelteks en tema, lang stiltes en musiek in die kontemplatiewe styl (met heelwat Taizé liedere) en die weeklikse viering van die Eucharistie.

Band Performing
VIBE logo@4x.png

Sondagaande 18:45 tydens skoolkwartale

in die saal

Vibe is ‘n informele kontemporêre byeenkoms in die saal wat ruimte bied vir alle ouderdomme om God se teenwoordigheid te ervaar en saam te dink en gesels oor die lewe se uitdagings.  Daar is geleentheid vir lof en aanbidding, eerlike gesprekke en lekker saamkuier.  Dit is ook die ruimte waarbinne ons studente- en hoërskoolgroepe kan bymekaarkom.

Image by Joshua Eckstein

AANDDIENS

19:00 in die kerkgebou

Die aanddiens is 'n informele ruimte met

eietyds-klassieke musiek. 

Dieselfde tema van die oggenddiens

word tydens die aanddiens herhaal.

bottom of page