012 344 1950

467 Kirkness St, Pretoria, 0001, South Africa

©2017 Ooskerk

ONTMOET ONS PERSONEEL

MARINA STRYDOM

Leraar

Dr. Marina Strydom het grootgeword in Nigel en het daarna teologie begin studeer in Pretoria. Aan die Universiteit van Pretoria behaal sy ’n BD graad in 1999, later ’n Mth asook PhD in 2006. Sy is in 2000 by die Ooskerk bevestig.

marina@ooskerk.org.za

PAULUS BURGER

Leraar

Ds. Paulus Burger kom van die Vrystaat af en is gelukkig/ongelukkig 'n Vrystaat ondersteuner. Hy het teologie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer (2003), 'n M.Th. (Pastorale Gesin-narratiewe terapie - 2009) en M.B.A. (GIBS - 2016) aan die Universiteit van Pretoria.  Hy is by die Ooskerk bevestig in 2008.

paulus@ooskerk.org.za

MARINDA VAN NIEKERK

Leraar
CEO : PEN

Dr. Marinda van Niekerk begin haar teologiese loopbaan aan die Universiteit van Pretoria en ontvang haar grade B.A (Teo) in 1988 en B.Div in 1991. Verder verower sy ook haar M.Div in 2000 en P.hD in 2004. Marinda is sedert 2010 die uitvoerende hoof van PEN. Sy is in 2015 by die Ooskerk bevestig.

marinda@pen.org.za

ANTHONY PEARSON

Viam Dei, Senior Kategese,

Belydenis

Anthony Pearson is gebore in Springs en begin sy studies aan die Universiteit van Pretoria in 2010. Daar ontvang hy sy B.th - 2013, B.A (Antieke Kulture & Bybelse tale) - 2014 en M.Div - 2015. Hy is sedert 2015 by die Ooskerk betrokke.

anthony.pearson22@icloud.com

ALTA CHRISTENSEN

Ontvangs

Alta Christensen is gebore in die Vrystaat, maar woon al sedert kinderdae in Pretoria. Sy voltooi haar studies aan die Universiteit van Pretoria en verhuis na Skotland en Nederland. Verder pendel sy vir 16 jaar tussen Kaapstad en Pretoria. Alta is al 30 jaar by die Ooskerk in die gemeente.

alta@ooskerk.org.za

HEIDI FOURIE

Gemeente sake

Heidi Fourie is gebore in Pretoria en bly dan ook vir 20 jaar in Ellisras. Sy het in 1997 weer terug gekom na Pretoria. Heidi is reeds 11 jaar werksaam by die Ooskerk.

heidi@ooskerk.org.za

BEATRIX MARAIS

Finansies

Beatrix Marais is gebore in Pretoria. Sy is reeds vanaf 2007 werksaam by die Ooskerk. Sy ontvang ook haar diploma in finansiële rekeningkunde in 2017.

beatrix@ooskerk.org.za

AARON MTSWENI

Terrein

ELIAS YAMBANE

Terrein