top of page

DEERNIS WEEK

4-9 JUNIE

Deernis Week (Ooskerk en PEN)

 

In Junie hou Ooskerk ons Deernis week. In hierdie tyd fokus ons op die eksterne projekte waarby Ooskerk op talle maniere betrokke is, doen reuse-insamelings om ons te help met ons projekte, hou ’n opwindende Deernis-diens en verskaf inligting oor talle van ons ander interne aksies. Die nood in ons stad is baie groot en daarom het ons dit goed gedink om vanjaar gedurende die week van 3-9 Junie spesifiek deel te raak van PEN se Winterhoop inisiatief. Lees meer oor Winterhoop https://winterhoop.org/af/tuis/ . Hou hierdie datums dop en kom geniet dit saam met ons:

 

Dinsdag 4 Junie - Karwas by die Ooskerk (09:00-12:00)

Kom ondersteun gerus ons weeklikse karwas waarby die dames van PEN se Woman Arise program uitstekende diens lewer en sorg vir silwerskoon motors. Bring gerus 'n ekstra kombers of warm klere saam om die Winterhoop projek te ondersteun.

 

Woensdag 5 Junie - Nagtoer (18:00-20:00)

Hierdie nagtoer, gelei deur PEN se Marié Eichstädt, is daarop gefokus om deelnemers bloot te stel aan die nood in ons middestad. Die toer begin om 18:00 by NG Bronberg. Van hier af word daar deur Vos- en Esselenstraat gestap tot by huis Bethesda vir hawelose mans. Die toer eindig by PEN se Woman Arise huis vir vroue en kinders. Plekke vir hierdie toer is baie beperk. Enige donasies van toiletware asook warm komberse en klere is baie welkom. Kontak gerus vir Rivandu (0791765698 / rivandu@ooskerk.com) vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

 

Saterdag 8 Junie - Musiek Terapie (10:00-12:00)

'n Interaktiewe musiek terapie sessie by Woman Arise huis gelei deur die Ooskerk se VIBE- orkes. Ons wil graag na afloop van die sessie middagete saam met die vroue en hul kinders geniet. Indien gemeentelede belangstel om te help met die skenking en voorbereiding van die kos kan julle gerus vir Rivandu kontak by 0791765698/rivandu@ooskerk.com.

 

Sondag 9 Junie - Deernis Erediens (09:00-10:00)

Marinda van NIekerk en Louis Venter lei ‘n dialogiese erediens waar ons gaan saamdink oor Ooskerk se voetspoor in die stad. Die gesindiens kom saam na die Kerkgebou waar ons spesifiek saam met PEN ‘n baie opwindende aksie vir die jongklomp in gedagte het. Van ons eie projekte word na die tyd in die Teetuin ten toon gestel, om ook hier vir die gemeente ‘n idee te gee waarmee hulle besig is. Bring asseblief komberse, mussies, handskoene en enige ander item saam na die erediens, wat die winter dalk net so bietjie makliker maak vir diegene wat nie so baie soos ons het nie.

bottom of page