NATANIËL KERSKONSERT 2025
Wed, 10 Dec
|Pretoria
Uiteindelik! Hierdie jaar is Nataniël terug by Die Ooskerk met twee nuwe Kerskonserte!


Time & Location
10 Dec 2025, 19:00 – 20:30
Pretoria, 467 Kirkness St, Clydesdale, Pretoria, 0002, South Africa
About the event
Ná nog ’n heerlike, uitdagende en uitputtende jaar op ’n gekke planeet, sluit ons die jaar af met DIE NATANIËL KERSKONSERT, ’n vermaaklike, inspirerende ervaring vol verhale en beeldskone musiek.
Hierdie konsert met gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen en gewyde liedere, is ’n moet vir elkeen wat ’n heerlike, maar ook vervullende ervaring soek tydens hierdie spesiale tyd van die jaar. Ons raak nostalgies, hoopvol en opgewonde!
Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis, ook orrelis Ockie Vermeulen, Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).


