top of page
Image by Nadia Valko

Kom kuier saam met Frik de Jager om sy Langtafel met ‘n sewegang maaltyd op Vrydag 14 Oktober om 19:00 by die Ooskerk @ R3000 per paar

 

Frik de Jager het bekend geword vir sy restaurant, Benjamin's,  in Rosendal. 

Hy is tans ‘n gereelde gas van Amore Bekker op "Klets en Kook " Maandag-oggende op RSG.

 

Frik se passie is "kuierkos " en stories en hy kombineer graag hierdie twee elemente tydens sy unieke Langtafel etes – ‘n ervaring wat niemand wat om Frik se tafel gekuier het onaangeraak laat nie. 

Hier vertel hy kosstories versamel tydens meer as 30 jaar se reise dwarsoor die wêreld - vanaf die Karoo se vlaktes tot by die Pyramides in Egipte; Royalty in Engeland en Gypsies in Rome.

 

Aan Frik se Langtafel word vreemdelinge vriende waar interessante disse en mense sorg vir die geboort van nog nuwe stories. Kom kuier saam!

Ooskerk Langtafel (Menu (Portrait)).png
bottom of page