NATANIËL KERSKONSERT

 

Woensdag 8 Desember 2021

Die Ooskerk, Pretoria

19:00

 

Nataniël verbreek sy eie dekades-lange tradisie van ’n jaareinde-teaterproduksie en bied hierdie jaar slegs ’n paar unieke Kerskonserte aan. 

Pretoria se enkele Kerskonsert vind plaas op Woensdag 8 Desember in die Ooskerk, ’n geliefde ruimte waar Nataniël al verskeie kere opgetree het. 

 

Hierdie konsert met oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en vertellings vind om 19:00 plaas. ’n Kersfeeswinkel asook verversings sal voor en ná die vertoning beskikbaar wees.

 

Nataniël word bygestaan deur Charl du Plessis (klawers), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en Ockie Vermeulen (orrel). 

 

Inspirerend, vertroostend, dramaties, opwindend, humoristies, tydloos en eenmalig, NATANIËL KERSKONSERT kan nie misgeloop word nie! Kom vier, bedink, huldig en neem afskeid van hierdie wilde, oorweldigende, moeilike en historiese jaar!

 

R290,00 per persoon.

Geen kinders onder 12.

Alle veiligheidsprotokol word gevolg.

Maskers verpligtend.

Veilige parkering.

Beperkte aantal sitplekke beskikbaar!

_DSF4047 2.jpg